|
Boer, Boere of Pote was die woord wat gebruik is om Polisie te beskryf. Vir meeste van ons is Boere ‘n nasie wat ontstaan het na die groot trek en gevolg deur twee Vryheids Oorloë. Hulle is ook die mense wat sorg dat die kos mandjie van die land bewerk en gevul word op ‘n daaglikse basis. Deur die eeue was hulle altyd vervolg. vermoor en onderdruk deur regerings en rowers. Wat maak mense die Boer Volk aan die Suid punt van Afrika so haat.
As ons opstaan vir ons self dan word daar geskree rasisme. Wanneer ons stil sit en stil bly word ons daagliks vervolg, verneuk en verneder. Feite is dat daar belhamels is wat Afrikaans sprekend is wat voortgaan met hulle stokstyf dronk drink gewoontes en van ons volk ‘n bespotting maak deur hulle optredes en sedes. (ek verwys nie na celebs nie).
Nog altyd ‘n trotse nasie kan ons nie sonder leierskap voorentoe beweeg nie. Dit is nie latyd ‘n veg generaal gewees nie. Party keer was dit sag geaarde mense wat kon onderhandel.
|