|

Net soos menige ander Suid Afrikaner het Afrikaans sprekendes ook die reg tot vryheid van spraak. Persoonlik glo ek nie aan massa optrede nie. Dis onproduktief en ontneem ander die reg tot regverdige diens lewering.
Toe my Voorsate geveg en gebou het aan ons gesamentlikke taal en kultuur en toe ons Volks Moeders in Konsentrasie Kampe aangehou is het hulle geveg vir ‘n beter land vir al ons se nageslagte.
Met die tot standkoming van die Nationale Party en die opbou van NASPERS het hulle seker nie ten gedagte gehad dat die witman eendag op ‘n klip sal gaan sit en soos ‘n gewonde bobejaan sy derms sal uitryg nie.
Huisgenoot, Bosparra en Rapport moet weet dat die enigste vorm van oorwinning wat ons sal hê in ‘n nuut gevonde Demokratiese Suid Afrika is om saam te staan en saam te skerm vir dit wat vir ons as ‘n nasie belangrik is.
Ek het net soveel reg tot die vryheid van spraak as Sharpshoot en Esmare†Weideman. Geen woorde of dade wat teen my gespreek of gepleeg word sal my van die reg ontneem nie.
Ek is Dik, Dikvellige en Moontlik Disleksiese Bierpens.
Ek het ‘n ondergemiddelde matriek en is aan die verkeerde kant van veertig. Ek het my Gelofte aan Die Land en sy Vlag gemaak. Ek het my diens as Dienspligtige gedoen. Ook doen ek alles in my vermoeë om my kinders Godsvresend groot te maak.
Geen ander sal my van my reg tot my Taal en Kultuur ontneem nie. Niemand nie.
Ek verwag geen simpatie vir my gebreke en tekortkominge nie. Ek staan Pa vir my foute en sal teen niemand opstaan wat my ˜n regverdige kans gee om vir my famielie te sorg nie.
Soos vele bloggers reeds gesê het… as jy nie van ‘n persoon hou nie kap hom ‘n ignore, maar moenie verwag dat as jy op iemand se tone trap hy nie gaan opstaan en sy rug reguit maak nie.
Almal wat wil deel in die Plaas se aktiewiteite is welkom om by Kekkel aan te sluit en julle eiertjie te lê. Die wat alreeds een of seskeer daar gepost het weet dat dit tot voordeel van hulle Blogs was. BierpensCoZa is ongelooflik Google Vriendlik en die Reus verstaan Pensie se uitleg van Die Plaas baie goed.
|